WELKOM BY

HEIDELAND LYNNWOOD KLEUTERSKOOL

Ons bied ‘n veilige, liefdevolle, stimulerende omgewing vir ouderdomme van geboorte tot Graad R

REGISTREER VANDAG!
l

Registreer

Ons visie is om elkeen van ons kinders te help om hulle volle potensiaal te ontwikkel as emosionele intelligente kinders met Christelike waardes en normes.

Laai ons registrasievorm af

Inligtingsbrosjure

Heideland Lynnwood Kleuterskool volg ʼn sintuiglike stimulerende, ontwikkelingsprogram wat ouderdomsgerig is.

Laai ons Inligtingsbrosjure af

ONS GLO IN –

  • RESPEK – vir maats, besittings, ander en volwassenes
  • LUISTER – reg om na geluister te word, luister ook na maats, ander en volwassenes
  • BESKERM- toepassing van veiligheidsreëls
  • OMGEE- reg op emosionele en fisiese versorging
  • GROOTMAAK- Opvoeding om ‘n gebalanseerde, verantwoordelike, intellektueel gestimuleerde volwassene te word.

Lees meer oor ons…

KOM KUIER BY ONS

Ons missie is dus om ‘n veilige, liefdevolle, stimulerende omgewing te skep waar ons kinders respek, aanvaarding en liefde ervaar, sodat elke individuele kind sy volle potensiaal kan bereik. Die onderwysers en versorgers sal altyd op hoogte bly van die nuutste tendense in die onderwys en ‘n sprekende voorbeeld vir die kinders wees.

Ons Sillabus –

Heideland Lynnwood Kleuterskool volg ʼn sintuiglike stimulerende, ontwikkelingsprogram wat ouderdomsgerig is. Lees meer:

Laai ons Inligtingsbrosjure af

SILLABUS

LEES EN SKRYF

Help kinders om hul kommunikasie- en kognitiewe vaardighede te ontwikkel en berei hul voor om te leer.

WISKUNDE

Die vermoë om getalle en patrone te identifiseer, asook ruimtelike konsepte te verstaan.

KUNS

Help kinders om hul kreatiewe en self-uitdrukkingsvaardighede te ontwikkel.

KULTUUR

Help kinders om hul kulturele bewustheid te ontwikkel, asook om respekvol te wees teenoor ander kulture.

Buitemuurse Aktiwiteite

Swem

Robotics

|

Wat ons Ouers sê oor ons -

I feel so blessed to have found Heideland Kleuterskool. The teachers are incredibly kind, caring, hands-on, and truly passionate about what they do. My daughter loves going to school - she runs into her teacher’s arms in the mornings and even wakes up on weekends asking “school?”. Knowing she is so happy, loved, and well cared for gives us such peace of mind. We couldn’t ask for a better preschool and highly recommend it to any parent!

Isla’s mom

Ons is mal oor die babaklas by Heideland Lynnwood Kleuterskool!!! Dit is ons tweede baba wat hierdie klassie daagliks bywoon en ons kon nie gelukkiger wees nie. Die juffrou en assistente is baie liefdevol, gee om en  is bedagsaam. Hulle beplan daagliks aktiwiteite vir die kleinspan. Ons geniet die foto’s wat ons deur die loop van die  dag op WhatsApp kry. Ons kinders sien uit om elke dag Heideland toe te gaan en dit gee ons gemoedsrus.

Willem en Mia, ouers van Mila en Liam

Ons is so dankbaar vir so ‘n oulike skooltjie met sulke fantastiese mensies wat daar werk! Dit is die beste keuse wat ons kon maak om Lumay in die skool te sit. Sy is so gelukkig by Heideland en ons sien elke dag hoe sy net meer en meer groei. Julle leer haar sulke mooi goedjies en dit is die oulikste aktiwiteite wat julle doen met die kindertjies. Ek kan elke dag met ‘n geruste hart haar aflaai en weet dat sy mooi na Gekyk word en soveel liefde by julle kry deur die dag. Celeste (Lumay se juffrou) – Jy is absoluut fantasties met haar en jy Het ‘n hart van goud!

Michelle du Preez, mamma van Lumay

Ek kan Heideland Kleuterskool met ’n baie geruste hart aanbeveel. As mamma is dit vir my ongelooflik belangrik om te weet dat my kind nie net opgepas word nie, maar werklik raakgesien, geken en verstaan word. Heideland het vir my presies dit gewys. Die personeel ken elke kind op ’n persoonlike manier - hulle sien die klein goed raak, verstaan elke kind se persoonlikheid, behoeftes en emosies, en hanteer hulle met soveel liefde, geduld en wysheid. Wat vir my die meeste uitstaan, is hoe betrokke hulle is. Hulle is nie net daar vir die kinders nie, maar ook vir die ouers. Ek het deurentyd gevoel dat ek ondersteun word, dat daar na my geluister word, en dat my kind se welstandc werklik vir hulle saak maak. Hulle kommunikeer met omgee, tree met begrip op, en skep ’n veilige, warm omgewing waar kinders kan groei, leer en blom. Heideland is vir my baie meer as net ’n kleuterskool. Dit is ’n plek waar kinders geliefd voel, waar hulle selfvertroue gebou word, en waar hulle as individue gekoester word. Ek is opreg dankbaar vir die rol wat hulle in Leah se lewe speel en vir die ondersteuning wat hulle vir my as ouer bied. Ek sal Heideland enige dag aanbeveel aan ouers wat ’n skool soek waar hulle kind nie net ’n nommer is nie, maar werklik gesien, geken en liefgehê word.

Mamma van Leah Barnard

Heideland was van dag 1 net ons kinders se ander huis. Die onderwysers het die kinders opreg lief en gee soveel om vir elke liewe een. Die temas, klas werk en extra aktiwiteite is ongelooflik! Ons sal Heideland 100% aanbeveel, elke keer!

Evette Pretorius

Heideland kleuterskool het ons harte gesteel. ❤️Om 'n kind aan iemand anders toe te vertrou is nooit maklik nie, maar van dag een af het Heideland kleuterskool soos familie gevoel. Ons seun en elke kind word elke dag met soveel liefde, geduld en sorg behandel. Die personeel skep 'n veilige, gelukkige omgewing waar kinders kan groei, leer en floreer. Julle passie en liefde vir kinders skyn deur in alles wat julle doen. Dankie dat julle so 'n spesiale verskil in ons seun se lewe maak en elke kind so spesiaal laat voel. Ons beveel julle met trots aan!

Die Sheppard-familie

 

Pragtige kleuterskool met 'n groot hart! Ons is ongelooflik gelukkig met Heideland Kleuterskool. Van die eerste dag af het ons dadelik tuis en welkom gevoel. Die personeel is uiters professioneel, vriendelik en opreg lief vir die kinders. Die fasiliteite is altyd skoon, veilig en baie goed toegerus met opvoedkundige speelgoed. Dit is vir ons as ouers 'n groot gemoedsrus om te weet dat ons kind in 'n veilige en stimulerende omgewing is. Die daaglikse program is propvol pret aktiwiteite wat help met vroeë kinderontwikkeling. Die kommunikasie tussen die onderwysers en die ouers is ook uitstekend; ons kry gereeld terugvoer en fotos van ons kind se vordering en dag. Ek sal hierdie skooltjie vir enige ouer aanbeveel wat op soek is na uitstekende sorg, individuele aandag en 'n liefdevolle omgewing vir hul kleinding. Baie dankie aan die hele span vir julle harde werk en passie!

Rochelle – Hunter se mamma

Ek het volle vertroue in Juffrou Celeste en haar assistente. My baba kom elke dag met ’n glimlag op sy gesig huis toe. Hulle liefde vir kinders straal helder deur in die manier waarop hulle met die babas werk en na hulle omsien. Dit gee my groot gemoedsrus om te weet my kind is in sulke liefdevolle en bekwame hande.

Xhante – Edgar se mamma

Ons is al vir die afgelope 3 jaar deel van die Heideland-familie, en dit is 'n wonderlike ervaring. Die individuele sorg en aandag wat elke kind ontvang, is besonders en laat elkeen geliefd en waardevol voel. Heideland se sterk Christelike waardes vorm die grondslag van alles wat hulle doen en skep 'n veilige, liefdevolle en geloofsgebaseerde omgewing vir die kinders. Die personeel kom voortdurend met kreatiewe en slim idees vorendag wat leer pret en betekenisvol maak. Wat ons veral waardeer, is hoe hulle ouers betrek en deel maak van ons kinders se ontwikkeling en spesiale oomblikke. Ons is opreg dankbaar vir die positiewe invloed wat Heideland op ons gesin gehad het en beveel hulle met volle vertroue aan.

Ben en Iné Bester

Heideland het ons verwagtinge oortref. Die juffrouens se liefde en passie vir die kinders, die uitstekende ontwikkeling en leergeleenthede, en die kreatiewe manier waarop hulle elke dag spesiaal maak, is ongelooflik. Ons kind is gelukkig, groei met selfvertroue en geniet elke oomblik. Ons beveel die skool met groot waardering aan.

Bianca – Franco se mamma

Wat n fantastiese skool! Ek het my kinders elke dag met n geruste hart kom aflaai en weet dat hul op 'n emosionele, fisiese en intellektuele wyse op n hoë standaard ontwikkel word. En hul geniet elke dag! My kind in die Laerskool kan ek sien het n voorsprong in haar opvoeding op elke vlak. DANKIE HEIDELAND!

Ismari – Barend se mamma

Heideland is soveel meer as net ’n kleuterskool – dit voel soos familie. Ons dogtertjie word elke dag met liefde, geduld en opregte omgee ontvang, en ons sien hoe sy groei en ontwikkel in ’n veilige en gelukkige omgewing. Wat vir ons besonders is, is die sterk Christelike waardes wat deel vorm van alles wat hulle doen. Die personeel belê werklik in elke kind se emosionele, geestelike en akademiese ontwikkeling. Ons is ongelooflik dankbaar om deel van die Heideland-familie te wees en kan dit met die grootste vertroue aanbeveel aan enige ouer wat ’n liefdevolle, waardegedrewe skool vir hul kind soek.

Melissa – Carmi se mamma

Ek kan nie genoeg goeie dinge oor Heideland sê nie. Linda en haar span het vir ons gesin ongelooflike liefde, begrip en ondersteuning gewys gedurende ’n baie moeilike tyd. Christelle en al die personeel het hul eie roetines aangepas om een dogtertjie se lewe so normaal as moontlik te hou. By Heideland is kinders nie net nommers nie. Hulle word opreg raakgesien en ouers word soos familie ondersteun. Dankie dat ons met soveel gemoedsrus ons kinders in julle hande kan los.

Carla – Livia se mamma