HEIDELAND LYNNWOOD KLEUTERSKOOL

KALENDER

Ons bied ‘n veilige, liefdevolle, stimulerende omgewing vir ouderdomme van geboorte tot Graad R

REGISTREER VANDAG!

JAARPROGRAM 2023

Tye: 06h45 tot 17h30

Laai ons Jaarprogram af

WANNEER GEBEUR WAT?

Maandag en Dinsdag 09:00
Kindermusiek

Woensdag 09:00
Gesamentlike Bybelopening

Woensdag 09:30
Poppekas

Donderdag 15:00
Snoepie

Vrydag 09:00
Tuinbou of Bak en Brou of Eksperiment

Buitemuurse Aktiwiteite

Kindermusiek (ingesluit in dagprogram)
Playball
Gimnastiek
Dans
Wikkel wurms wiskunde
Krieket
Swem

Laai ons Inligtingsbrosjure af

|

Wat ons Ouers sê oor ons -

My dogtertjie is al van 4 maande af in Heideland. Dit was vir ons ‘n baie moeilike ding om ons kind so jonk in ‘n skooltjie te sit. Vinnig het ons egter agter gekom Heideland is nie ‘n skooltjie nie dis ‘n veilige hawe, liefdevolle omgewing en fantastiese plek vir ons kind. Ek is elke dag dankbaar vir die personeel by Heideland en al die ekstra moeite wat hulle insit met die kinders. Ek kan my kind elke dag met ‘n geruste hart by Heideland aflaai.
Johan en Juanne Bester

Wat ‘n oulike kleuterskool! My kinders het dadelik aangepas en sien uit om skool toe te gaan. Alle etes word voorsien so nie nodig vir mammas kosblikke te pak nie. ????Heideland personeel is vriendelik, behulpsaam en stap beslis die ekstra myl. Ouers word ook bederf met alleen-tyd ‘n paar keer per jaar wanneer die personeel op ‘n Saterdag of in die aand na die kinders kyk.
Stella Alberts

Wat n fantastiese skool! Jy kan jou kind met 'n geruste hart aflaai. Hulle ontvang hope liefde en uitstekende opvoeding op die regte manier. 'n Kind moet speel, en hier doen hulle dit teen 110%.???? Dankie Heideland julle is so 'n positiewe ligpunt in my kinders se lewens en myne.????
Ismari Kirsten

Dis vir ons as ouers 'n voorreg om ons kleuter elke oggend by n veilige en liefdevolle skool te kan aflaai.

Dankie dat julle elke oggend ons kleuter met ope arms, 'n warm hart en 'n glimlag ontvang.

Dis 'n voorreg en fees om deel van die Heideland familie te wees ❤️
Jeanré Erasmus