HEIDELAND LYNNWOOD KLEUTERSKOOL

SILLABUS

Heideland Lynnwood Kleuterskool volg ʼn sintuiglike stimulerende, ontwikkelingsprogram wat ouderdomsgerig is.

REGISTREER VANDAG!

SILLABUS

Heideland Lynnwood Kleuterskool volg ʼn sintuiglike stimulerende, ontwikkelingsprogram wat ouderdomsgerig is.

Ons volg die National Early Learning Development kirrikulum (NELDS) wat fokus op voorskoolse leerders met ouderdomme vanaf geboorte tot 4 jaar.

Die Graad R leerders volg die voorgeskrewe Nasionale Kirrikulum (CAPS).

Laai ons Inligtingsbrosjure af

ASSESSERING

Assessering word deur-en-tyd gedoen volgens die kleuter se ouderdom. Assessering is uitgewerk volgens die kleuter se aantal maande wat hy/sy op die spesifieke tyd is en om te sien of hy/sy die mylpale bereik het.

Laai ons Jaarprogram af

SILLABUS

LEES EN SKRYF

Help kinders om hul kommunikasie- en kognitiewe vaardighede te ontwikkel en berei hul voor om te leer.

WISKUNDE

Die vermoë om getalle en patrone te identifiseer, asook ruimtelike konsepte te verstaan.

KUNS

Help kinders om hul kreatiewe en self-uitdrukkingsvaardighede te ontwikkel.

KULTUUR

Help kinders om hul kulturele bewustheid te ontwikkel, asook om respekvol te wees teenoor ander kulture.

|

Wat ons Ouers sê oor ons -

My dogtertjie is al van 4 maande af in Heideland. Dit was vir ons ‘n baie moeilike ding om ons kind so jonk in ‘n skooltjie te sit. Vinnig het ons egter agter gekom Heideland is nie ‘n skooltjie nie dis ‘n veilige hawe, liefdevolle omgewing en fantastiese plek vir ons kind. Ek is elke dag dankbaar vir die personeel by Heideland en al die ekstra moeite wat hulle insit met die kinders. Ek kan my kind elke dag met ‘n geruste hart by Heideland aflaai.
Johan en Juanne Bester

Wat ‘n oulike kleuterskool! My kinders het dadelik aangepas en sien uit om skool toe te gaan. Alle etes word voorsien so nie nodig vir mammas kosblikke te pak nie. ????Heideland personeel is vriendelik, behulpsaam en stap beslis die ekstra myl. Ouers word ook bederf met alleen-tyd ‘n paar keer per jaar wanneer die personeel op ‘n Saterdag of in die aand na die kinders kyk.
Stella Alberts

Wat n fantastiese skool! Jy kan jou kind met 'n geruste hart aflaai. Hulle ontvang hope liefde en uitstekende opvoeding op die regte manier. 'n Kind moet speel, en hier doen hulle dit teen 110%.???? Dankie Heideland julle is so 'n positiewe ligpunt in my kinders se lewens en myne.????
Ismari Kirsten

Dis vir ons as ouers 'n voorreg om ons kleuter elke oggend by n veilige en liefdevolle skool te kan aflaai.

Dankie dat julle elke oggend ons kleuter met ope arms, 'n warm hart en 'n glimlag ontvang.

Dis 'n voorreg en fees om deel van die Heideland familie te wees ❤️
Jeanré Erasmus